Liefde, Laptops
& Growing Feet

Learn more

About ME

Welkom by Liefde, Laptops & Growing Feet - 'n eerlike refleksie van 'n lewe wat nie altyd netjies is nie, maar altyd eg is.


My naam is Chané-Leigh, ek is 'n vrou, werkende ma, dromer en leerder - soms alles op dieselfde dag. Ek leef in die werklikheid van deadlines en skoolroosters, van meetings en melktande, van diep gesprekke en alledaagse stilte. Hierdie blog het ontstaan uit 'n behoefte om my storie neer te skryf soos dit regtig is - sonder filters, sonder voorgee, sonder die druk om alles reg te hê.


Agter my laptop leer ek elke dag oor verantwoordelikheid, deursettingsvermoë en balans. Ek het geleer hoe werk jou kan vorm, maar jou nooit volkome mag definieer nie. Hier deel ek my werkservarings - die suksesoomblikke, die mislukkings, die twyfel en die groei wat daarmee saamkom - veral in 'n wêreld waar jy dikwerls sterk moet wees, selfs wanneer jy moeg is.


Maar hierdie blog gaan net soveel oor my kinders. Oor growing feet wat elke seisoen nuwe skoene nodig het, maar ook nuwe grense, veiligheid en liefde. Ek skryf oor die hartseer oomblikke, die vreugde van sien groei, en die stille oomblikke waar jy besef jy word self ook groot saam met hulle. Ouerskap het my geleer hoe kwesbaarheid en krag hand aan hand loop.


En dan is daar liefde. Nie die perfekte prentjie nie, maar die ware, rou weergawe daarvan. Liefde wat jou breek en weer heel maak. Liefde wat jou leer om jou eie waarde raak te sien. Ek skryf oor verhoudings, verlies, herstel en die moed wat dit vat om weer oop te wees - om te glo dat ware liefde bestaan, selfs nadat jy teleurgestel is.

Hier sal jy ook lees oor emosionele groei, selfrefleksie en die allerdaagse chaos van 'n lewe wat nie altyd volgens plan verloop nie. Ek glo nie chaos is die vyand nie - ek glo dit is dikwels die plek waar die meeste groei plaasvind.


Liefde, Laptops & Growing Feet is nie 'n handleiding vir 'n perfekte lewe nie. Dis 'n uitnodiging om eerlik te wees, om asem te haal, om te weet jy is nie alleen in jou probeer nie.


"Jy hoef nie alles uitgesorteer te hê om vorentoe te beweeg nie - soms is groei bloot die moed om aan te hou, selfs wanneer jou hart en jou lewe nog besig is om te leer."


Met Liefde & Koue Koffie 

Chané

Our latest posts

Tussen liefde, werk en growing feet lê die stories wat ons vorm. My nuutste blog is live.

Sewe Dodelike Sondes

’n Narsis funksioneer sonder skaamte. Hulle sin kom altyd eerste, en die behoeftes van ander word as hinderlik beskou. Skaamte voel vir hulle soos ’n aanval op hul “perfektheid”, en daarom verkies hulle skuldgevoel — want skuld kan hulle van hul gedrag losmaak.

VIEW FULL STORY
Beste Este Bester

“Die mooiste huwelike groei nie uit perfeksie nie, maar uit twee mense wat nooit opgee nie.” Ons almal droom van daardie groot dag… jou troudag. Maar die tweede keer is jou fokus anders — minder op décor, juwele en die klein goedjies, en meer op die hart van dit alles. Terwyl ek met familie en vriende gesels, sou hulle goed noem waarvan ek totaal vergeet het. Dit sê alles: hierdie keer gaan dit oor die liefde, nie die luukshede nie.

VIEW FULL STORY
Welkom aan My Tafel

Elke dag staan ons op met ’n keuse oor hoe ons wil wees. Ek gaan nie lieg nie—sommige dae is dit moeilik om vriendelik, behulpsaam en sag te wees. Op sulke dae kruip ek liewer weg tussen die mure van my huis, want ek wil nie iemand anders se dag swaarder maak nie. Ek kies om die beste weergawe van myself te wees, al druk die lewe my soms op my knieë. Ek sal altyd my trane wegsteek agter ’n glimlag, want dis hoe ek oorleef.

VIEW FULL STORY
Musiekterapie

“Het jy al ooit besef dat wanneer iets swaar op jou hart lê, klink musiek net anders?” Met hoe baie ons in verkeer sit hier in Gauteng — ja, selfs as ’n voëltjie op die windscreen piepie, sit jy vas — is dit daardie oomblikke wanneer jy alleen gelaat word met jou gedagtes… en met musiek. Ons leef in ’n tyd waarin ons ongelooflik geseënd is met talentvolle kunstenaars — sommige nog onbekend, ander so bekend dat dit ’n droom is om hulle live te sien — en dan natuurlik ook die nuwe era van AI-musiek.

VIEW FULL STORY
Die Dae Wat Sag Praat

Nou, aan die begin van ’n nuwe loopbaanhoofstuk, voel ek opgewonde, maar ook bang vir die onbekende. My kop is vol planne en prioriteite — en dan, onverwags, kom daardie gedagte aan my poppies: Hoe voel húlle vandag? Is hulle okay? Het hulle besef watse dag dit is? Hulle sê niks, maar ek weet hulle voel. En as mamma wil jy net daardie twee lyfies styf vasdruk en oor en oor sê: Ek’s hier. Ek’s lief vir jou. Dis okay om te voel.

VIEW FULL STORY
☕ Mamma: 90% Koffie, 10% Improvisasie

Ek is nie die “prentjie-perfekte” soort mamma nie. Jy sal my kry met deurmekaar hare, klipharde musiek, ’n huis wat op sy kop staan, en die een wat die school run doen in haar pajamas. Maar my kinders? Hulle wéét hulle is geliefd.

VIEW FULL STORY
Uit my hart, uit my kop

Die afgelope paar weke het ek myself dikwels betrap dat ek wonder: Wanneer het ons begin ophou luister na mekaar? Ek sien dit oral — op sosiale media, in gesprekke, selfs in vriendekringe. Dis asof ons nie meer ruimte los vir eerlike opinies nie. En ironies genoeg, is dit meestal vrou teenoor vrou. Ons word voortdurend aangemoedig om oop te wees: “Moenie dinge opkrop nie,” sê hulle. “Praat oor wat jou pla. Deel wat jy voel.”

VIEW FULL STORY

Shop

Met liefde gemaak, vir elke seisoen van groei en groot word. Hierdie digitale produkte help jou om georganiseerd, voorbereid en teenwoordig te wees, sodat jy elke fase kan omhels en koester sonder om oorweldig te voel.

Klein Handjies, Groot Liefde – Kosblik Liefdesbriefies