Die lawaaierige mamma.
Die moë mamma.
Die teenwoordige mamma.
Die een wat nie altyd al die balle in die lug kan hou nie,
maar steeds elke dag opdaag.
Die een wat leef op koffie, deadlines en liefde —
wat dalk die skoolvorms vergeet,
maar nooit om “ek is lief vir jou” te sê nie.
Ek is nie die “prentjie-perfekte” soort mamma nie.
Jy sal my kry met deurmekaar hare,
klipharde musiek,
’n huis wat op sy kop staan,
en die een wat die school run doen in haar pajamas.
Maar my kinders?
Hulle wéét hulle is geliefd.
Diep. Heftig. Onvoorwaardelik.
Want moederskap gaan nie oor perfeksie nie.
Dit gaan oor opdaag – selfs wanneer jy moeg, oorlaai,
en onseker is of jy enigiets reg doen.
Dit gaan oor lag in die chaos,
om jammer te sê wanneer jy ontplof,
en steeds weer liefde te kies.
Die lawaaierige mamma.
Die moë mamma.
Die holterste-debolterste mamma.
Ja… dis EK!
En as dít is hoe teenwoordig lyk –
dan kies ek dit. Elke keer. 💛
☕ Met Liefde & Koffie
Chané
Balans tussen deadlines, drome & dirty dishes
