Beste Este Bester

Like this:

Beste Este Bester

“Die mooiste huwelike groei nie uit perfeksie nie, maar uit twee mense wat nooit opgee nie.”

Ons almal droom van daardie groot dag… jou troudag. Maar die tweede keer is jou fokus anders — minder op décor, juwele en die klein goedjies, en meer op die hart van dit alles. Terwyl ek met familie en vriende gesels, sou hulle goed noem waarvan ek totaal vergeet het. Dit sê alles: hierdie keer gaan dit oor die liefde, nie die luukshede nie.

Ek het al in 2024 die venue gesien… en ek het my hart daar verloor. Intiem Wedding Venue — wow! Só het die beplanning begin, en ek het met hulle in kontak gekom. Vanaf dag een was alles perfek. Soms dink ek René wou seker haar hare uit haar kop trek oor my delayed replies. Toe ons begin beplan, was Marthinus in Amerika, en ek het myself in ’n nuwe bloedgroep in gewerk. Met die tydsverskil en my laat antwoorde het die dag toe uiteindelik aangebreek. Ek is só dankbaar vir René en haar span — ons troue was perfek in elke opsig. Al ons verwagtinge is oortref.

Die dag voor die troue probeer ek nog laaste minuut inkopies doen vir alles waaraan ek nie gedink het nie. Maar genade… die mall was bedrywig soos ’n miernes wat nie vinnig genoeg by enigiets kan uitkom nie. Ek freak toe ’n bietjie uit — jongste aan die arm — en daar gaan ons huis toe met net een missie: vrede. Wat ek nie het nie, het ek nie, en dit is wat dit is.
O ja… en Marthinus het nog sy hemp gaan koop, net om by die huis uit te kom en te sien dit is nie die regte een nie. Needless to say, hy was alleen terug mall toe.

Die troudag breek aan. Dis ’n malhuis… om sewe mense gelyk in ’n rigting te kry, is nie vir sissies nie. In die bridal suite spring almal weg met wat hulle moet doen, en ek is nog in two minds oor waarin ek gaan trou — rooi of wit. Ek is amper gereed, moet net aantrek, maar die meisies sit nog en wag vir hare. Bridezilla steek toe definitief vir ’n oomblik kop uit. Toe almal klaar is en ons in die kar klim, besef ek ek het my handruiker in die suite vergeet!

En dan… daardie oomblik.

Soos ek na die man van my drome stap, oorval emosie my. Oral waar ek kyk, is daar trane — mooi trane — en ek moet diep sluk aan my eie. Dankbaarheid tref my soos ’n golf: ek mag hierdie nuwe hoofstuk saam met hierdie Godgegewe man begin. My twee meisies word geseën met ’n pa wat hulle liefhet soos sy eie. Watter gebed kan mens groter vra?

Die pastoor se boodskap oor liefde — 1 Korintiërs 13 — was pragtig. Terwyl ek langs Marthinus staan en luister, voel dit asof liefde en seën oor ons spoel. Ek vang myself wonder: “Wat het ek gedoen om soveel rykdom van liefde en seëning te ontvang?” Ek kyk op en sien Marthinus se oë… oë wat tot in my siel kyk en gelyktydig veiligheid, vrede en oorvloed van liefde uitstraal. En toe… word ons man en vrou.
Daardie soen? Seker een van die lekkerste sóver.

Die kinders het toesprake gelewer, en die jongste het ons beslis die meeste in trane gehad. Marthinus het die tafelgebed gedoen, en ek dink die kinders was die blyste dat ons nou uiteindelik kan eet. Al het ons planne om ontbyt te kry oppad venue toe… het nooit gebeur nie.

Die Street Food was lip-lek-lekker, en die bobotie cigars was ’n wenner. Die kinders het die brownies waarskynlik die meeste geniet van almal.

Die venue… asemrowend. Daar is niks lekkerder as om só ’n spesiale dag in die natuur te vier nie. Lounge spots onder die bome, sambrele, groenigheid — skoon, rein, mooi. Die vibe onder almal was rustig en huislik. Die kinders het padda-vissies gevang en was natuurlik ook nat. Vriende en familie het saam gekuier asof hulle mekaar al jare ken.

Ek is omring deur my rykdom. Ek is geseënd met my Beste Este, my man. En ek sien so ongelooflik baie uit na ons toekoms saam.
Vir jou, my Liefste Man — ek is onvoorwaardelik bitter baie lief vir jou.

Met liefde en koue koffie,
 ☕ Chané

Balans tussen deadlines, drome & dirty dishes

2 thoughts on “Beste Este Bester

  1. Die beste en lekkerste, lekkerste, lekker dag van my lewe!! Ek is onbeskryflik baie geseën om jou as my Vrou te kan hê!! Ek is oneiding, onvoorwaardelik bitter baie lief vir jou my Gorgeous Vrou❤️❤️❤️

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Like this: