Dis ek, ek — Chané
Met liefde en koffie deel ek my realiteit van die H2A-seisoen: die goed, die slegte, en die stukkies mooi tussenin.
Ek is ’n mamma van twee pragtige dogters.
Die een het ’n sagte, liefdevolle hart — sy gee my elke dag ’n lus vir die lewe.
Die ander het ’n gaming-agtergrond, ’n terggees en ’n houding wat ons laat lag tot die trane loop.
Ek is pas verloof, op cloud nine, en werk aan ’n loopbaan wat my soms duislig laat voel.
En ja — ek’s verslaaf aan koffie. Geen dag begin sonder daardie eerste koppie nie. ☕
Hoe 2025 afgeskop het
2025 was veronderstel om vol reënboë en unicorns te wees.
In plaas daarvan het dit die mat onder my voete uitgeruk en my uit my gemaksones gedwing.
Die skooljaar het begin — duur, maar begin.
Voor die eerste skooldag was ek al in verskeie WhatsApp-groepe.
Die aktiwiteite het opgehoop en die rooster het vinnig vol geraak.
Jy ken dit: iets verander op nommer 99, en jy moet die hele dag se planne herskik.
(Ons almal het mos daardie luuksheid om Fortuner-mamma’s te wees. 😉)
Van pas verloof tot lughawe-trane
Ek en my verloofde sweef nog in ons engaged-honeymoon-fase,
terwyl ons probeer om vir hom werk in Suid-Afrika te kry sodat hy nie weer Amerika toe hoef te gaan nie.
Op ’n Maandag kry ons bevestiging: hy het werk gekry.
Daardie selfde aand — bevestiging dat hy Woensdag vlieg.
Twee dae om alles reg te kry. Twee dae om asem te haal.
Woensdag staan ons by die lughawe en groet.
Nege maande weg van mekaar, met net tegnologie om hierdie liefdesverhaal aan die gang te hou.
Die stilte in die kar huis toe voel swaar — ons almal besef dat die aanpassing nou begin.
Die aanpassing en die verlange
Tydsverskil slaan hard.
Ek mis sy teenwoordigheid — die klein dinge: ’n soen by die deur, ’n koppie koffie, die aflaai van die girls — dinge wat my oggende ligter gemaak het.
Die meisies mis hom ook.
My werksoggende het ’n gejaag geword, en die eensaamheid kruip in, in die aande wanneer die huis stil raak.
Maar ons leer aanpas. En groei.
Ek probeer sterk wees vir die meisies en vir myself — al voel dit nie altyd maklik nie.
Voorentoe
Hier gaan ek my realiteit van die H2A-seisoen deel: die avonture, die ups-and-downs en alles tussenin.
Dit gaan nie altyd pragtig wees nie — maar dit gaan eg wees.
Ek hoop dat jy in my stories iets herken van jouself —
’n klein oomblik van troos, lag of “ek voel ook so”.
With love & caffeine,
☕ Chané
Balans tussen deadlines, drome & dirty dishes
